Met die VSA, Rusland, China en Noord-Korea in konflik met mekaar – wat kan ons  verwag?

Die tipe politieke spanning in die lug is baie soortgelyk aan dit wat geheers het voor die eerste en tweede wêreldoorlog. Hierdie is globaal baie onstabiele tye. Polities gesproke is die wêreld op ‘n mespunt gebalanseer met die grootste magte wat mekaar aan die keel wil gryp.

Die VSA pomp meer geld as ooit van tevore in hulle weermag en militêre opleiding asook tegnologie en wapens. Nodeloos om te sê, Rusland, China en Noord-Korea doen presies dieselfde. Selfs baie ander lande soos Britanje, Duitsland, Indië en vele ander is nie ver agter op die wyse van besteding aan hulle weermag nie. Iets is aan die broei, en ons moet verstaan wat dit is. Ons moet onsself eerlik konfronteer met die feite en probeer begyp wat aangaan. Met die VSA en Noord-Korea wat dreig met ‘n kernoorlog en China en Rusland wat ook hul stemme dikmaak, moet ons verstaan dat hierdie nie ‘n grap is nie! Kyk maar net na die verskillende opskrifte:

 

 

Die logiese vraag is, is ons op die Vooraand van ‘n 3de Wêreldoorlog? Ek gaan ernstig kyk na hierdie vraag en al die feite opweeg en tot ‘n insigvolle slotsom kom. Ons sal ook kyk na die tydsaspek… Moenie hierdie lesing misloop nie!

Facebooktwittergoogle_plusredditpinterestlinkedinmail

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *