Nadat ons tot die ashoop van rommelstatus verdoem is – hoe maak ons sin van alles? Wat vertel ek my kinders?

As burgers van ’n land wat soveel belofte inhou en tog so onvoorspelbaar is op politieke gebied, het vele al verval in ’n volstruis mentaliteit waar ons maar ons kop in die sand steek en beter voel as ons nie weet wat aangaan nie. Tog is daar ’n verval wat ongekend is. Dit wil voorkom of ons op ’n ramp afstuur. Is dit die geval? Waarom gebeur al hierdie dinge, en hoe versoen ons dit met ons vooruitsig van ’n toekoms – veral met ons kinders in gedagte? Ons is werklik in rommelstatus gemors. Kyk net na die verskillende opskrifte:

In hierdie lesing gaan ek onbeskaamd kyk na wat in ons land aangaan. Ek gaan ’n graaf ’n graaf noem, sodat ons kan kom by dit wat werklik aangaan. Ons gaan eerlik kyk na die politieke arena. Die agenda gaan ontbloot word. Dit mag nie ’n lekker ervaring wees nie, maar die feite moet op die tafel gelê word. Hierdie is nie vir sensitiewe kykers of luisteraars nie.

Moenie hierdie lesing misloop nie! Waar ek gaan kyk na die vraag, wat gaan aan in Suid-Afrika, en is daar enige hoop?

Facebooktwittergoogle_plusredditpinterestlinkedinmail

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *