Ons is op die drumpel van groot en drastiese tegnologiese en sosio-ekonomiese veranderinge!

Sedert 11 September 2001 toe die twin towers in New York inmekaar getuimel het in ’n ‘terroriste’ aanval, is die planeet en die stelsels wat dit tegnologies en ekonomies dryf nooit weer dieselfde nie. Alles het verander. Was dit per toeval? Of was dit beplan? Siende dat ons die agenda ontleed het in die vorige lesing, sal ons verder in hierdie een ondersoek gaan instel hoedat die wêreld soos ons dit tans ken, totaal gaan verander. Vryhede wat ons nou as vanselfsprekend aanvaar, sal in die toekoms verlore wees.

George Orwell het geskryf:

“In the end the Party would announce that two and two made five, and you would have to believe it. It was inevitable that they should make that claim sooner or later: the logic of their position demanded it. Not merely the validity of experience, but the very existence of external reality, was tacitly denied by their philosophy. The heresy of heresies was common sense. And what was terrifying was not that they would kill you for thinking otherwise, but that they might be right. For, after all, how do we know that two and two make four? Or that the force of gravity works? Or that the past is unchangeable? If both the past and the external world exist only in the mind, and if the mind itself is controllable—what then?” ― George Orwell, 1984

Indien ek nie voorbereid is op die grootskaalse veranderinge wat kom oor hierdie planeet nie, sal ek soos die padda in die louwater maar net gewoond raak daaraan. Ter wille van die behoud van my en my familie MOET ek verstaan wat tans aan die broei is! Moenie hierdie lesing misloop nie, want Polisiestaat en Big Brother is ons Voorland!

Facebooktwittergoogle_plusredditpinterestlinkedinmail

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *