Siende dat die verskansing nie toe so ooglopend was nie, kyk ons na die mees volhoubare model.

In vandag se brose samelewing waar alles tans tot op ’n mespunt gedryf is, kan ons dit nie bekostig om God na te laat en te bid om leiding van omhoog nie. In die web waarin u en ek vasgevang is op hierdie gekaapte planeet, sal ons die verkeerde besluite neem indien God nie uit en uit lei nie. Daar is fisiese en praktiese raad, en kan gevind word in God’s Woord. Ons soek antwoorde, God beloof om ons te help. Hoor wat sê Hy,

“Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.” (Jer 33:3)

Kom vind uit nie net hoedat God ons as familie wil saambind in eenheid en geluk en ons ’n hoopvolle toekoms wil gee nie, maar ook hoedat Hy al eeue voor hierdie era voorspel het hierdie dinge gaan oor die aarde kom, en dat daar ’n uitweg is. Hierdie lesing is die heel belangrikste van almal, want terwyl ons baie gefokus het op die menslike in die ander lesings, gaan ons God self toelaat om ons te rig deur Sy Woord. Moenie dit misloop nie, want die Skrif gee ons ‘n werkbare model van ontkoming en verskansing!

Facebooktwittergoogle_plusredditpinterestlinkedinmail

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *