Ons gaan ondersoek instel waarom sommige met die inligting wat aangebied is, sal verskil en ons vertel ons hoef nie voorbereid te wees nie.

Siende dat hierdie ‘n Skrifgefundeerde seminaarreeks is met die klem op profesie, sal daar mense wees wat met van my bevindinge sal verskil. Ek respekteer dit. Tog dink ek dit is lewensbelangrik om die Skrif korrek te interpreteer asook wêreldgebeure reg te verstaan. As jou fokus foutief of net ‘n bietjie uit is, dan beïnvloed dit jou hele denkpatroon en wêreldbeskouing.

Hierdie verskille in interpretasies sal krities ondersoek word, en die logiese resultate hiervan onder die vergrootglas geplaas word, wat u in staat sal stel om ingligte en weldeurdagte keuses te kan maak in terme van die toekoms. U sal sien dat byna al hierdie sogenaamde oplossings slegs valse hoop bied, en u niks konkreets aanbied in terme van u toekoms nie. Hier is ‘n belangrike lesing, moet dit nie misloop nie! Wat dink u, is daar darem ‘n glimmer van Hoop op die Horison? Miskien ‘n Utopia wat wag?

Facebooktwittergoogle_plusredditpinterestlinkedinmail

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *