Jy word hartlik uitgenooi na 11 Onvergeetlike Temas in die reeks:

Verstaan Wêreldgebeure

U en ek wonder beide oor waarop die huidige intensiteit van wêreldgebeure en landsgebeure dui. Almal verwag iets, maar tas in die donker rond opsoek na raad en oplossings vir hul families. Dit is baie duidelik ons stuur op ‘n krisis af! Ons durf nie nalaat om voor te berei hiervoor nie! Moontlik het u al gewonder of u en u geliefdes die huidige gebeure en dit wat op die horison wag, sal kan oorleef?

Hierdie is ‘n Bybelse Profesiegebaseerde Seminaarreeks ter oorlewing in ‘n nimmereindigend veranderende wêreld! Met ‘n dinamiese multimedia aanbieding, gaan ons saam op ‘n praktiese reis om te soek na antwoorde op ons huidige vrae. Ek verseker  u – ons gaan nie kerkdogma deel nie, maar praktiese raad wat selfs nie-gelowiges raadsaam sal vind.

Hierdie Dinamiese Temas is as volg:

  1. Is ons op die Vooraand van ‘n 3de Wêreldoorlog? 27 Aug ‘17
  2. Met die Groeiende Tendens van Politieke Diktators – wat is die Uiteinde? 28 Aug ‘17
  3. Wat gaan aan in Suid-Afrika, en is daar enige Hoop? 29 Aug ‘17
  4. Die Beste Beleggingsopsies in sulke Riskante en Onbestendige Tye! 31 Aug ‘17
  5. Die Nuwe Wêreld Orde is ‘n Realiteit! 1 Sep ‘17
  6. Poliestaat en Big Brother is ons Voorland! 3 Sep ‘17
  7. Hoe Verskans ek my en my Familie? 4 Sep ‘17
  8. ‘n Werkbare Nodel van Ontkoming en Verskansing! 5 Sep ‘17
  9. Is daar darem ‘n Glimmer van Hoop die Horison? Miskien ‘n Utopia wat wag? 7 Sep ‘17
  10. Trein sonder Brieke! 8 Sep ’17
  11. Wat kan ons van die Titanic leer? 9 Sep ’17

 

Besonderhede:

DATUM: 27 Augustus – 9 September 2017
TYD: 19:00
PLEK: Tygerberg SDA Kerk, H/V 14de Laan & Bostonstraat, Bellville, Wes-Kaap.